Skip to main content

Wolke se goue randjie


Is dit nie asemrowend as ‘n mens vroeg opstaan en jy sien hoe steek die son sy kop agter die wolke uit nie of as jy oppad huistoe is van werk en die son maak sulke ongelooflike kleure teen die wolke soos dit onder gaan! Dit is ‘n gevoel van ontsag en verwondering.

Partykeer is dit dieselfde as ons daai droom huisie / projek in gedagte het en ons sien al die strale wat deurbreek agter die wolke uit. Ek dink deesdae ondervind ons meer ‘n donderstorms wat ons kant toe as ons aansoek doen vir ‘n lening; balanstate, inkomste state, vooruitgeprojekteerde inkomstes, ensovoorts wat ons vir die bank moet gee om finansiering te kry. Partykeer voel ons soos hulle praat in die internet bedryf; dat ons dit in die “wolk” instuur en ons weet nie wat gaan uitkom nie. Partykeer is dit ‘n “Ja” maar ongelukkig meeste kere ‘n “Nee”. Wat kan ons doen om die proses te bespoedig sowel as voor die tyd ‘n risiko analiese te doen om te sien of dit die moeite werd is om aansoek te doen.

Soos in enige besigheid moet mens maar ‘n proses volg om op die uiteinde ‘n antwoord so vinnig as moontlik te kry.

Ek het gaan gesels met Pierre Muller van Nedbank se Besigheidsbank (Hanteer kliente met jaarlikse omset van > R7m) en hy het vir my die volgende proses verduidelik.

Dit gaan basies oor die volgende punte in terme van inligting wat hulle benodig om ‘n besluit van hulle kant af te maak.

1. Agtergrond. “WIIDVM faktor”. Wat is in dit vir my? Hoekom wil jy die geld leen? Wat is jou agtergrond en ondervinding aangaande die besigheid waarvoor jy finansiering aansoek doen? Skryf ‘n kort paragraaf wat jou aansoek motiveer.
2. Jou Behoefte. Hoeveel geld wil jy leen oor wat se tydperk?
3. Jou nuutste geouditeerde Finansiele State. (Balans / Inkomste Staat), Kontantvloei projeksies vir die volgende jaar sowel as jou bestuurstate tot op datum. Dit help natuurlik as jy by die bank waar jy aansoek doen bank. Die bank sal slegs vir jou geld leen op jou ware kontantvloei. Maw, is jou “EBITDA” “Earnings before interest, tax, debt and amortisation” genoeg is om jou paaiemente te betaal op voertuie, huise, ander lenings ens.
4. Jou Sekuriteit. Jou sekuriteit moet in meeste gevalle die lening 100 % dek wat jy uitneem.
5. Besigheidsbankier sowel as die bank se Krediet Bestuurder evalueer.

Die volgende sekuriteitsnorme word normaalweg deur banke gebruik: Residensiële eiendom, 70% - 80 %, Vaste bankbeleggings - 100 %, Kommersiële geboue - 60-70 %, Sessie van debiteure - 30 % en leë erwe en plase - 50 %. Hierdie norme fluktueer egter op grond van mark toestande.

Nedbank se besluitneming word in jou area gedoen wat die proses versnel.

So die slotsom is as volg. As mens al jou eendjies in ‘n ry het dan dink ek die proses sal redelik glad verloop en mens gaan daai goue randjie ervaar. Voorspoed met die proses!!!

Gepubliseer in Eikestad Nuus, Stellenbosch

Francois
0722111209
ctccza@yahoo.com

Popular posts from this blog

2012 phenomenon - Is it true ???

The easy way to survive 2012 - through attractive real estate investment in South Africa! 2012 is only three years (2009 article) away and already panic and hysteria is in the air. Many fear that it will be the end. If the environmental prophecies come true there are some “safe havens” that will remain intact during the havoc. Before we start to try and understand where are the so called safe places when the catastrophe of 2012 hits our planet, we should first understand where the most dangerous places are and why. This will help us better understand how to prepare and what to expect! Altitude is not always a solid solution because the crust of the Earth will move and redraw the world map as we know it. Lower lands will most likely be inundated completely and certain maintain ranges will crumble as others will rise. There will be tidal waves of about 2 kilometers (7000 feet) high wiping away any and all structures standing. Besides massive destruction, everything will be flooded w...

Degree - Quantity Surveyor & NHBRC Certificate

 

Bank Lending Criteria